Willie & Joané
Willie & Joané

Day(s)
:
Hour(s)
:
Minute(s)
:
Second(s)
Datum
5 April, 2025
Tyd
15:00 vir 15:30 – Gaste moet reeds 15:15 sit
Plek
Fatherland Estate, Brits, Noordwes
Gaste moet asseblief akkomodasie bespreek
Ons Storie
In 2022 het ons die jaar op ’n hoë noot afgesluit toe Willie my by die Kroonval-garage sien en besluit het om my op Instagram te DM. Ek kan een ding sê, ek was baie opgewonde vir 2023 om te begin, want die vooruitsigte was goed. Dit het gevoel asof ons vir hierdie oomblik gewag het, verlangend na die regte tyd om te kom.
Ons eerste soen was in die veld terwyl die son sak. Op daardie stadium was ons nog ‘n geheim. Daar is niks so lekker soos ‘n geheime soen nie – ‘n intieme oomblik gedeel tussen net ons twee, gevul met belofte en moontlikheid.
Ons het dinge ‘n bietjie anders gedoen en ék het Willie op ons eerste date gevat om Kip Moore te sien, want wat kan meer romanties wees as ‘n live show met baie liefdesliedjies… hy kon homself net nie help om my hand vas te hou nie en natuurlik was ek in die hemel.
Strooptyd sal altyd my gunstelingtyd wees, want dis toe dat Willie my gevra het om sy meisie te wees. Op die stroper… toe die son sak… natuurlik terwyl Kip Moore gespeel het.
Ons maak van alles ‘n opwindende avontuur, van vakansies na Mosambiek tot uitstappies na die bosveld of selfs net wanneer ons in die aande KFC toe wil gaan. Ons lewens is sonder twyfel gevul met lag, liefde en eindelose verkenning.
Ons is baie gelukkig om mekaar te hê en al moet ek dit sê, pas ons perfek bymekaar. Ons doen alles groot en hard!! Ons sing harde musiek, ons leef groot, ons baklei hard, ons hou groot troues maar ons het mekaar nog harder en groter lief!! Ons liefde ken geen perke nie, en ons koester elke oomblik wat ons saam deel.
En nou is ons hier, 5 April, ons troudag. Waar ons mekaar belowe om altyd op Kroonval te stop as ons daar verby ry, om altyd ‘n soen te steel as die son sak, om Kip Moore kliphard te sing as sy liedjies opkom, om ‘n draai op die stroper te ry en om op ontelbare avonture te gaan. Ons belowe om mekaar van vandag af in oorvloed lief te hê, gelei deur geloof en liefde. Soos dit sê in Jes 60:22, “… Ek, die Here, sal dit op die regte tyd vinning laat gebeur.” Net so glo ons dat ons liefdesverhaal in die perfekte tydsberekening ontvou het, beplan deur Ons Vader, wat ons na mekaar lei in sy goddelike tydsberekening. Elke dag belowe ons om mekaar nóg harder en nóg groter lief te hê, en omhels die reis wat voorlê met vreugde en dankbaarheid.




